‘n Lewe uitverkoop aan Jesus Christus behels meer as net om Sondae kerk by te woon. In hierdie gemeente is ons ‘n familie, ‘n familie wat mekaar lief het en aanmoedig om te groei tot volwassenheid in Jesus Christus.
U is welkom om betrokke te raak by die verskeidenheid van geleenthede wat gebied word vir alle ouderdoms groepe!
As jy 'n musiek instrument kan bespeel of iets weet van noot en ritme hou is jy welkom om in ons sang en musiek bediening betrokke te raak. Deur ons sang en musiek is ons aanbidding die fondasie waarop ons dienste rus.
Die Intersessors Bid Groep is ‘n baie belangrike deel van die gemeente. Dit is ons begeerte om met sensitiewiteit en passie, doelgerig in te tree in gebed vir ons gemeente.
Ons glo dat kinders ‘n baie belangrike deel van die gemeente is en dat die ruimte geskep moet word, waarin hulle op ‘n ordelike, maar tog ontspanne atmosfeer geleer kan word.
Ons jongmense is vir ons belangrik.Hoërskool en Werkende jongmense word effektief bedien in die gemeente.
Ons Hello Span is vir ons van kardinale belang, aangesien hulle verantwoordelik is vir die vlot verloop van alle kerk geleenthede.