Dat die Woord van God Heilige Gees geïnspireer is en sonder foute is.
Dat die Bybel die hoogste outoriteit is in ons geloof en lewe.
Ons glo in die Drie-eenheid naamlik Die Vader, die Seun Jesus Christus en die Heilge Gees.
Ons glo dat Jesus Christus die enigste gebore Seun van God, gebore uit die maag Maria, wat mens geword het, is.
Dat God die mens geskape het volgens Sy beeld en gelykenis.
Dat die mens uit sy eie keuse gekies het om te sondig en sodoende skeiding gemaak het tussen hom en God.
Dat Jesus Christus gesterf het aan die kruis vir ons sonde soos dit geskrywe staan in die Woord van God.
Ons glo in die liggaamlike opstanding van Jesus Christus uit die dode en dat Hy opgevaar het en sit aan die regte hand van God. Ons glo in Sy wederkoms.
Dat almal wat Jesus Christus aangeneem het as hulle persoonlike Saligmaker en Verlosser en hulle sondes bely het, wedergebore en daarom kinders van God is.
In die Doping van die Heilie Gees waarin ons die krag en gawes van die Heilige Gees ontvang.
In die Opstanging van die regverdiges en die ewige lewe en die goddelose wat die ewige dood ontvang.
Ons glo in Geloofs genesing.
Ons glo in die huwelik tussen natuurlike man en natuurlike vrou soos God dit bestem het.