Skip to main content

Ons Pastoorspaar

Pastoor Christo De Beer en sy vrou Amanda bedien die gemeente  sederd 2017. Pastoor Christo en Amanda is daagliks betrokke met verskeie "Lifegroups" in die gemeente en in ons gemeenskap.

Ons Misie

Ons missie is God se tydlose en onverandere rigting waarin Hy Sy kerk stuur. Hierdie opdrag en missie word gevind in Mattheus 22:37-39 en Mattheus 18:18-20. Tog stuur God elke gemeente op sy eie unieke manier om hierdie opdrag uit te voer. In Randfontein gemeente doen ons dit volgens ons Christelike waardes, bedieing en evangelisasie. Volgens God se leiding poog ons om te fokus om die volgende generasie leiers op te rig om die naam van Jesus Christus bekend te maak aan alle volke en nasies in die wêreld.

Ons Visie

Ons sien ons gemeente as ‘n baken van HOOP waar mense se lewens

verander word deur Jesus Christus.


Ons sien ons gemeente as ‘n plek waar die Verlore, Gefrustreerdes, Siek en Gebrokenes

Redding, Liefde, Vrede, Aanvaarding

en Vergifnis kan ontvang.


Ons sien ons gemeente die Godlike opdrag uitvoer deur, evangelisasie, sending, en lifegroups.


Dat God se Woord akkuraat

weergegee en geleer word.


Dat ons mekaar sal aanvaar en lief hê soos Christus die kerk lief het.